Our centre is open and we can't wait to talk to you. Get ready to start the journey to positive results!
Welkom by Tottum Leersentrum
Waar elke kind raakgesien word
Welkom by Tottum Leersentrum – ’n plek waar jou kind nie net leer nie, maar ook groei, ontwikkel en floreer in ’n veilige, rustige en liefdevolle omgewing.
By ons staan elke leerder sentraal, met persoonlike aandag en ondersteuning in Afrikaans.
Ontmoet die Hoof
Met meer as 11 jaar se ervaring in tuisonderrig, het ons hoof in Januarie 2020 die deure van Tottum Leersentrum oopgemaak om meer leerders te help.
Haar passie is om kinders te ondersteun wat nie hul volle potensiaal in hoofstroomskole bereik nie, en om vir elke kind ’n plek te gee waar hulle werklik kan uitblink.
Ons Storie
Tottum Leersentrum is ’n privaat instelling wat daarop fokus om ’n kalm, gestruktureerde en sorgsame leeromgewing te skep.
Ons bied:
- Individuele aandag aan elke leerder
- Vroeë oggend toesig vir werkende ouers
- Middagtoesig tot 17:00
Ons verstaan die uitdagings van besige ouers en maak seker dat elke kind veilig en versorg is deur die dag.

Ons Lesmateriaal
Ons is nie ’n tradisionele skool nie — ons is ’n diens aan ouers wat iets anders soek.
Ons bied:
- CAPS-belynde leerprogramme
- Christelike waardes
- ’n Persoonlike leerervaring waar kinders teen hul eie tempo kan werk
Ons fokus daarop om leer interessant, stimulerend en lekker te maak, sodat elke kind selfvertroue kan bou en sukses kan ervaar.

Wat Maak Ons Anders?
- Geen skooluniforms nie – spaar koste
- Min tot geen huiswerk – meeste werk word in klas voltooi
- Kleiner groepe vir beter fokus en aandag
- ’n Omgewing waar kinders veilig voel en graag wil leer

Wat Benodig Leerders?
Graad R – 3:
Potlode, kleurkryt, skêr, gom, liniaal, uitveër, dik skrif (assesserings), huiswerkboek
Graad 4 – 12:
Skrifte vir elke vak, potlode, blou penne, kleurpenne (opsioneel), merkers, skêr, gom, liniaal, uitveër, dik boeke vir assesserings

Tottum Tuisonderrig Sentrum
Sukkel jou kind in groot klasse of met konsentrasie (soos ADHD)?
By ons kry hulle die kans om in ’n kleiner, meer gefokusde omgewing te leer.
✔ Geen skoolklere
✔ Geen onnodige skoolbenodigdhede
✔ Geen swaar tasse
Ons het steeds plek vir leerders van Graad R tot Graad 12.
Leer én Speel
By Tottum glo ons in balans — kinders werk hard, maar geniet ook speeltyd met aktiwiteite soos:
- Albasters
- Handtennis
- Stretchers
- En nog baie meer!


